Voorman tree op teen boewe

Mnr. Jeremy Berlyn (34) ’n boer in die Bainsvlei gebied naby Bloemfontein, wat deur 4 gewapende terroriste by sy huis aangeval is, het ter nouer nood aan die dood ontkom as dit nie vir sy voorman was nie.

Die terroriste was gewapen met kapmesse en pistole toe hulle die hele gesin op hulle plaas Wolfkop aangeval het.

Jeremy sê sy voorman, Johan de Bruyn, was blitsvinnig op die toneel toe hy hom gebel het.

Die misdadigers het by ’n oop agterdeur toegang tot die plaashuis verkry en Jeremy was saam met sy jongste seun besig met skoolwerk in ’n slaapkamer toe alles gebeur het.

Berlyn het sy seun in ’n kas toegemaak en die gangdeur toegedruk en dadelik sy voorman gebel.

Die terroriste het sy ma, Stephanie (59), en sy ander seun, Jessie (14), en hulle nefie, Peter Andrews (21), met wapens aangehou, maar toe Johan opdaag, het hulle inderhaas spore gemaak.

“As dit nie vir Johan was nie, het ons sekerlik omgekom” het Berlyn gesê.

Die Valke is glo op soek na die aanvallers.