Volkspele – Kan dit weer herleef soos jare gelede?

Volkspele het n reuse bydrae gelewer om die verskeurdheid te heel in die lewe van die volk.

Die Afrikaanse Volkspele het in omstandighede en by geleenthede ontstaan waar gemeenskappe en gesinne gelukkig bymekaar was, waar prettige situasies ontwikkel het, en veral ook by die vreugde van die arbeid.

Die boerelewe was, en is, hoofsaaklik die teelaarde van hierdie kultuurvorm. In ons navorsing vind ons dat boeregesinne en groepe spontaan gesing het van die dinge wat hulle doen en beleef. Dikwels het so ‘n liedjie dan gestalte gekry in ‘n speletjie wat ‘n nabootsing is van dinge wat op die plaas gesien en gedoen word. Die vierperdewa, Kapkar en Nana bak mosbeskuit is onder andere voorbeelde van sulke handeling.

Ons vind ook die meeste van ons spele en liedjies in die streke van ons land waar ons mense in groter veiligheid kon woon, d.w.s. in die gebiede waar hulle hul redelik permanent kon vestig, soos bv. waar die eerste republieke Swellendam en Graaff-Reinet gestig is, en in die Outeniqualand waar die Grootberg eers verower moes word en die boeremense geleentheid gevind het om wortel te skiet.

Die volkspeletjie is dus ‘n uiting van blydskap en behoort in dié gees beoefen te word.

Of u leier of speler is, onthou dat volkspele ontspannend en nie inspannend moet wees nie en dat u deelname meelewend en nederig behoort te wees. Volkspele vorm ‘n vriendskapskring waar vriendskapsbande hegter gebind word. As saambindende krag kan die waarde daarvan nooit genoeg gestel word nie, want dit is alleen deur saam te span dat ‘n volk behoue bly.

Die volkspele is dus ‘n uiting van blydskap en behoort in dié gees beoefen te word.

Of u leier of speler is, onthou dat volkspele ontspannend en nie inspannend moet wees nie en dat u deelname meelewend en nederig behoort te wees. Volkspele vorm ‘n vriendskapskring waar vriendskapsbande hegter gebind word. As saambindende krag kan die waarde daarvan nooit genoeg gestel word nie, want dit is alleen deur saam te span dat ‘n volk behoue bly.

2000 volkspelers simboliseer die kakebeenwa!

Kan dit weer gedoen word?