Volksjeug opgeroep na kamp

 

Beste voornemende Schildpaddop-kampeerders!

Ons kamp DV 12 tot 19 Julie 2014 – die kampbrief en inskrywingsvorm, of meer inligting, kan aangevra word van die kampbestuur. (kontakbesonderhede hieronder)

Onthou om ook maats wat mag belangstel van ons kamp te vertel: ons is ‘n volkseie jeugbeweging waar ons hoërskoolkinders en jongmense saam as Afrikaner-kinders kan kamp, avontuur beleef en vriendskappe smee!

Ons bied ons gebruiklike veldwerk-kursusse aan vir grade 8 tot 11 en vir die eerste maal in 2014 gaan ons hierdie jaar ook ‘n graad 6 -7 kursusgroep by Schildpaddop aanbied.

Vir navrae kan ‘n vonkpos gestuur word na [email protected] of u kan 083 709 4129 skakel.

 

Kampgroete!

Neef Joffre