Verpleegster in Dehli gevange geneem

Devi Lutchman (62) ’n verpleegster in Natal, is in die stad Delhi, in Indië gevang omdat daar ’n 9mm patroon in haal tas gevind is, terwyl sy nog nooit ’n wapen besit het nie.

Lutchman is by die Indira Gandhi- Internasionale Lughawe gevange geneem en haar paspoort is ingetrek aangesien sy na bewering die land se Wapenwet oortree het.

Sy het saam met haar suster en swaer van Durban na Dubai gereis, en daarvandaan na Delhi.

Sy is op borgtog vrygelaat en moet glo Vrydag in die hof verskyn om te poog dat sy haar paspoort kan terug kry.

Familie in Suid-Afrika sê sy het nog nooit ’n wapen besit nie, en kan waarskynlik ook nie ’n wapen gebruik nie omdat sy geen kennis daarvan het nie.

 “Sy is ’n vrou wat haar gemeenskap dien, maar word in Indië soos ’n misdadiger behandel”, het haar seun gesê.

Dit is vir almal onverklaarbaar hoe die koeël in haar tas beland het, alhoewel sy die tas per geleentheid aan ’n ander familielid geleen het.

Anders bestaan die moontlikheid dat die patroon in haar bagasie geplant is deur iemand wat ’n eie agenda het, is gesê.

Gift of the Givers-stigting is genader om Lutchman te help.

“Ons vra dat dr. Imtiaz Sooliman ingryp. Sy is erg getraumatiseerd.”