Verkragter vasgevat

Die dame van Irene wat gereeld met haar vier honde gaan stap, en verlede week deur 200 mense gesoek is, is verkrag deur ’n swarte wat intussen in hegtenis geneem is.

Die swarte het in die Pretoriase landdroshof verskyn weens die beweerde verkragting van die dame van Irene.

Sy het onverklaarbaar gou verdwyn terwyl sy gaan stap het met haar honde. Twee van die honde het verbouereerd rondgehardloop in ’n nabye stuk veld wat daartoe gelei het dat sowat 200 mense spontaan gehelp het om na haar te begin soek.

Sy het ure later te voorskyn gekom uit ’n beboste gebied en was glo erg getraumatiseer.

Die helpers het haar na die Unitas-hospitaal geneem vir behandeling.

Die vermeende verkragter sal weer op 20 Februarie in die hof verskyn