Verkeerdstellende aksie sal lank bly

Die sogenaamde “Regstellende aksie” se rakleeftyd is nog lank nie verby nie, het pres. Jacob Zuma in die Nasionale Vergadering gesê.

In antwoord op dr. Pieter Mulder, VF+-leier, wat gesê het dit is tyd dat regstellende aksie geskrap moet word, het die president gesê dat indien na die statistieke gekyk word, moet daar meer gedoen word met die diskriminerende praktyk.

Hy het gesê sulke uitlatings open ‘n debat wat nie gedoen moet word nie. Veral in die ekonomie is daar volgens hom te veel rasse-ongelykheid. So byvoorbeeld het die getal swart mense en vroue in senior bestuursposte  toegeneem van minder as 10% in die 1990’s tot meer as 40% – dit is volgens die president ’n goeie prestasie vir die land.

Maar volgens hom is dit nie genoeg nie en wys die statistieke elke jaar dat die ekonomie word steeds deur wit Suid-Afrikaners beheer as dit by senior en topbestuursposisies kom.

Waarnemers het daarop gewys dat dit die paar wit Suid-Afrikaners darem nog die land so op sy spoor hou dat dit nog nie Zimbabwe is nie.

Ongelukkig moet ‘n mens oor meer as ‘n graad 5 sertifikaat beskik om die ingewikkeldheid daarvan te verstaan, word gesê.