Valke soek rowers

In die Bainsvlei omgewing buite Bloemfontein is ’n huisgesin deur vier swartes aangehou met messe en ’n handwapen en is hulle beroof van skootrekenaars, selfone en ’n iPad.

Volgens ʼn polisiewoordvoerder het die boewe geld ge-eis, wat nie die betrokke dag in die huis beskikbaar was nie.

Die man, vrou, hulle seun, en sy nefie is aangehou, maar niemand is in die proses beseer nie.

ʼn Woordvoerder meen die toename in huisbraak, gewapende rooftogte op woonhuise en kapings in die Bainsvlei omgewing neem nou krisis afmetings aan, en noodmaatreëls behoort ingestel te word.