Twee blanke studente geskors

Die optrede van twee studente het aanleiding gegee dat hulle deur die Universiteit van die Vrystaat geskors is en nou nog vervolging op aanklag van roekelose bestuur en aanranding in die gesig staar.

Die twee studente het glo ’n swart student, wat tans B.Com ekonomie studeer, raak gery met ’n bakkie en hom daarna aangerand.

Die student, Damane Gwebu, sê dit was ’n rasse voorval en hy was verplig om die bakkie te volg tot waar dit voor ’n koshuis gestop het.

Hy het die twee genader, en in ’n woordewisseling het die twee blankes hom blykbaar aangerand.

Prof. Jonathan Jansen, UV-rektor, sê dit is nooit lekker om studente te skors nie, maar die Universiteit kan toelaat dat sulke dinge gebeur nie.

Foto – Jonathan Jansen