Tuisgemaakte Meusli

Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

 

More stond het mos goud in die mond! Begin jou oggend met ‘n bordjie van hierdie heerlik tuisgemaakte muesli  – dit hou jou versadig vir die hele oggend.

Geniet dit met warm of koue melk.

 

Muesli

Meng saam:

1kg Hamermout

1½ koppie sonneblomsaad

1½ koppie neute/grondbone – gekap

1½ koppie klapper

1½ koppie semels

Klits saam:

1½ koppie olie

1½ koppie warm water

1½ koppie suiker/heuning

1 teelepel vanieljegeursel

knippie sout

 

Meng die olimengsel met die hawermoutmengsel

Gooi in bakplate en bak vir 1 uur teen 160°C

Roer elke 20 min.

Voeg by:

1½ koppie pitlose rosyne

Gooi in lugdigte houers wanneer dit afgekoel is.