Terroriste slaan weer toe

Die weduwee, Joan Pieters van Virginia in die Vrystaat het verhuis na ’n veiliger omgewing en haar intrek sowat drie maande gelde geneem in ’n woonstelletjie in Highlands Court.

Selfs dié maatreël was nie voldoende om terroriste weg te hou nie, want verlede Maandag is haar lewelose liggaam gevind in haar toegesluite woonplek.

Die eienaar van die gebou, Mariam Lupacchini, het mev. Pieters se lyk gevind toe ’n huiswerker gevra het om die woonstel oop te sluit omdat daar geen antwoord is nie.

Pieters se verminkte liggaam het ’n skokgolf deur die dorp gestuur.

Sy is verlede Sondag laas lewend gesien toe sy saam met vriende op die stoep gekuier het.

Haar selfoon en bankkaart word vermis.