Terroriste skiet mis, toe raak

Mnr. Johan van der Schyff (55), van Garsfontein in Pretoria het die geraas van inbrekers gehoor en gaan vasstel wat gaande is toe hy op ’n onbekende aantal terroriste afkom wat besig was om in te breek by die huis.

Die vermoede bestaan dat hy die skurke agterna gesit het wat op die vlug geslaan het, maar skielik het drie skote geknal, maar dit was skynbaar elke keer mis, maar die vierde skoot het hom in die kop getref.

Johan is op die toneel dood.

Hy is die pa van drie kinders wat nog almal in die laerskool is.

Mev. Van den Berg wat ook in die huis woon, het die polisie geskakel toe sy die geweerskote hoor, en besef daar is groot fout.

Mnr. Louw wat opsigter is by die woonkompleks, sê hy vermoed Johan het gesien die terroriste peuter met sy voertuig, en het hulle agterna gesit.

“Dit is jammer dat Johan uitgegaan het uit sy huis”, het Louw gesê