Tenkwa ontploffing eis lewens

’n Tenkwa wat plofstof vervoer het tussen Pietersburg en Naboomspruit, was in ’n botsing betrokke met ’n vragmotor wat kruideniersware vervoer.

Polisiebeamptes het nader gegaan en in die tyd het die tenkwa ontplof, wat die lewens van vier polisiebeamptes geëis het asook die bestuurder van die tenkwa.

Ses ander lede van die polisie het beserings opgedoen, en skrapnel het meer as 200 meter daarvandaan die grond getref.

Die N1 hoofweg het ’n yslike krater opgedoen en bome wat langs die pad gestaan het is ontwortel.

Inwoners van Naboomspruit sê hulle het die slag van die ontploffing duidelik gehoor.

Motoriste moet liefs die R101 gebruik aangesien die N1 vir ’n onbepaalde tyd  gesluit sal wees.