Schumacher – longontsteking genees

Michael Schumacher het ’n ernstige terugslag met sy gesondheid gehad nadat dokters vasgestel het dat hy intussen ook longinfeksie opgedoen het in die hospitaal waar hy behandel word.

’n Franse koerant berig dat dit nie goed gegaan het met Michael nie, en dat sy gesondheid verder verswak het met die infeksie wat opgedoen is.

Dokters het egter met ’n kragtige reeks behandelings daarin geslaag om die infeksie binne drie dae te genees, en is daar geen rede vir kommer in dié verband nie.

Schumacher het op 29 Desember in ’n ski-ongeluk gehad en ernstige hoofbeserings opgedoen wat hom in ’n kunsmatige koma gelaat het.

Dokters het hom intussen geleidelik begin losmaak uit die koma, maar hulle beweer dat dit ’n stadige en uitgerekte proses kan wees.

Die Franse hospitaal het verlede week moeite ondervind om die valse berigte in die sosiale media, die nek in te slaan dat Michael intussen oorlede is.