Sanral steeds sukkelend

Dit is nou bykans drie maande sedert die omstrede e-tol inwerking getree het en alles dui daarop dat Sanral steeds sukkelend is om die stelsel behoorlik toe te pas.

Outa het intussen weer ’n opname gemaak van voertuie wat die e-tol snelweg gebruik, deur op verskeie afritte telling te hou van voertuie wat sonder, of met skywe op die snelweë is.

Volgens die jongste opname het 71% van alle voertuie wat gemonitor is, sonder ’n e-tol skyfie gery op die e-tol snelweg.

In die eerste maand na die stelsel begin het, het Outa ’n soortgelyke opname gedoen wat aangedui het dat 15% van alle voertuie oor ’n skyfie beskik.

Die toename word toegeskryf aan die feit dat maatskappye die skyfie aangebring het nadat die nuwe werksjaar begin het, en talle staatsvoertuie is intussen daarmee toegerus.

Die media berig feitlik weekliks van nuwe ervarings van motoriste rakende hulle e-tol rekenings, en dit blyk dat die meeste verbruikers nie hulle rekeninge vereffen nie.