Rooi Kruis sê honderde sterf

Dit blyk asof die wereld swyg oor die massas mense wat in die Sentraal-Afrika Republiek (SAR) om die lewe gebring word.

Gedurende die afgelope tyd is sowat 1300 mense dood in onluste en gevegte, wat gekenmerk is deur wonde wat skynbaar veroorsaak is deur geweervuur en kapmesse.

Die Rooi Kruis sê hulle het op een dag in een straat in Bangui nege lyke gevind, en die Seleka rebelle voer blykbaar ’n skrikbewind om sy posisie te versterk.

Die afgelope jaar het konflik en moorde die land geteister, en Seleka het met sy gewapende magte die landsbeheer oorgeneem wat gelei het tot weerwraak aanvalle van Christen-rebelle organisasies.

Ingeligte kenners sê die toestand gaan waarskynlik vererger indien die VN en sy lidlande nie die krisis kan afweer nie.

Foto – Seleka rebelle