Rekord vir lotery

In New York het iemand, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie, met ’n loterykaartjie wat glo in San Francisco gekoop is, die mooi bedrag van R4,5 miljard gewen.

Dit is glo die sesde grootste bedrag wat tot nog toe met ’n loterykaartjie in die VSA gewen is.

Amptenare sê die wen bedrag het aanhoudend gegroei en uiteindelik, na maande van geen wenkaartjie nie, op die reuse bedrag vasgesteek.

In die VSA word ’n wenner twee keer elke week getrek.

Volgens amptenare, het die wenner nie enige emosie openbaar nie, en net gesê die geldjies is betyds om ’n reuse ekonomiese krisis die hoof te bied, want die persoon het glo gesukkel om die huispaaiement by te hou.