Rassisme of padwoede?

Dit is nie duidelik of die geskorste prokureur wat ’n motorfietsryer doodgeskiet het, dit gedoen het uit woede of weens rassistiese oorwegings nie.

Dit is die mening van verskeie ingeligte waarnemers na aanleiding van die voorval wat plaasgevind het op Valentynsdag toe ’n motorfietsryer geskiet is.

Ene Meekahaefele Masooa (43) van Verwoerdburg wat tans werksaam is as ’n konsultant in arbeidsreg, is glo in 2010 geskors en van die rol geskrap as prokureur.

Masooa het blykbaar tydens die voorval die slagoffer, mnr. Douglas Pearce (39) in die rug geskiet toe hy terug gestap het na sy motorfiets, na ’n onderonsie tussen hulle plaasgevind het.

Masooa is intussen in hegtenis geneem, en later op borgtog van R5,000 vrygelaat.

Navrae het nie enige inligting na vore gebring nie, maar Estelle Veldsman van die Prokureursorde het gesê Masooa is wel in 2009 geskors.

Masooa se prokureur het egter gesê hy is nie bewus dat sy kliënt as prokureur geskors is nie.

Daar bestaan egter veel vrae rondom die voorval, wat wissel van die moontlikheid dat die skietery plaasgevind het uit woede of weens ’n rassistiese houding van die skieter.

Foto – Meekahaefele Masooa