Produksie Prysindeks styg

Die land se Produksie Prysindeks (PPI) vir Januarie, op ‘n jaar-op-jaar grondslag, het geëindig op 7.0%. In Desember, op dieselfde grondslag, was die jaar se styging 6.5%.

Die styging op ‘n maand-tot-maand basis was 1.0% wat ‘n aansienlike toename is.

Die styging in die PPI was veroorsaak deur verskeie komponente, waaronder voedsel, drank, petroleum, chemikalieë, plastiek, masjinerie, toerusting en rekenaar toerusting. Die jaar-op-jaar styging van elektrisiteit en water, waarin die regering ‘n direkte inspraak het, was 14.5% tot Desember.  Produkte in die landbou-, bosbou-, en visserybedryf was laer as die gemiddelde inflasie en het op 5.6% geëindig.

Die PPI meet die styging in koste van vervaardigde goedere en beïnvloed uiteindelik ook die Verbruikersprys Indeks (VPI).

Daar is dus kommer oor stygende inflasie, wat gewoonlik deur die Reserwebank beveg word met rentekoersverhogings.