Plaasaanvalle en volksmoord in perspektief

As jy die koue loop van ’n pistool teen die slaap voel, en ‘n swartman sê gedemp dat jy nie geraas moet maak nie, en dan hoor jy die klikgeluid wat beteken die handwapen se haan is terug getrek, dan weet jy, jou uur het aangebreek.

Dit is nie die verhaal van ’n enkeling nie, dit is die werklikheid van honderde volksgenote wat die dood in die gesig gestaar het, waarvan die meeste met hulle lewens betaal het, soms vir ’n selfoon, of vir die R30 in ’n beursie, of dikwels vir geen ander rede as om te moor nie……

Die een verhaal het meer drama as die vorige, en die trauma daaraan verbonde meer as wat in woorde geskryf kan word.

Dit wissel van ’n driejarige dogtertjie wat sien hoe haar pa doodgeskiet word tot die baie bejaarde egpaar wat in mekaar se arms die dood tegemoetgaan deur die mes van ’n wreedaard.

In Suid-Afrika lyk dit tans so:

30 gewone, onskuldige mense uit elke 100,000 word vermoor

54 polisiebeamptes uit elke 100,000 word vermoor

131 landbouers uit elke 100,000 word vermoor

Die foefie dat die moord op volksgenote plaasvind as gevolg van gewone misdadigheid, word deur instansies soos Agri-Noordwes verkondig, en word volksmoord heftig ontken, al word mense dikwels vermoor en niks gesteel nie.

Een van die belangrikste bewyse dat die volksmoord plaasvind, is sekerlik die regering se stilswye oor swart moordenaars wat blankes vermoor, meestal redeloos.

Saam hiermee moet landbouers as teiken gesien word omdat hulle grondbesitters is, terwyl die grondkwessie vir twee dekades reeds op die tafel as strydpunt lê.

Die “kill the boer” gesing kan tog nie ’n onskuldige daad wees nie!

As Kervin Lebone van die Instituut vir Rasseverhoudings sê hul navorsing wys dat 90% van plaasaanvalle die bedoeling het om te roof, is dit duidelik dat daar geskerm word om die volksmoord te verswyg of weg te praat.

Die feit is immers dat grondbesetting nou voorop staan by die ANC en die Zille-party, sowel as by Malema se radikale EFF.

Terwyl fondse beperk is, en die regering nie meer die vryemark beginsel van “aanvraag bepaal prys” wil erken nie, en nou nuwe maatreëls wil inbou, wek dit die indruk dat moord dalk ’n veel meer bekostigbare metode is om die grondkwessie op te los.

Die rol van politieke leiers wat telkens die grondkwessie voorhou en gevaarlike beloftes maak, motiveer die moordbendes om voort te gaan met hulle veldtog.

Dan is daar die vreemde, tot nog toe beweerde opleidingsentrums in plakkerskampe, en die beweerde bestaan van Al-Kaïda in Suid-Afrika wat die gevoel en indruk laat dat dit verband hou met die moord op volksgenote.

Liberales probeer die indruk skep dat moorde dikwels plaasvind “wanneer ’n rooftog verkeerd loop” en dit as enigste uitkoms vir die rower is.

Dit is ’n mite – gewapende roof om ’n selfoon te steel, wat dan uitloop op ’n moord, is tog ’n absolute dwaling.

Daar is ook die ander maklike uitweg, wat vreemd genoeg, deur sekere blankes in landbouorganisasies verkondig word dat boere die vyand by sekere swartes is, wat sy oorsprong het uit die apartheidsbedeling.

Tog vreemd dat dit na 20 jaar steeds die ou bedeling is wat die skuld moet dra vir ’n 22 jarige wat dan as slagoffer moet boete doen!

Dan is daar die ekonomiese redes – werkloosheid, en hongerte wat moord veroorsaak.

Tog vreemd dat die moordenaars nie kos steel nie, maar eerder ’n iPad waarmee hulle kan speel.

Waaroor gaan dit dan?

Boere moet van hulle plase verdryf word, en as dit nie werk nie, dan word moord die volgende opsie, in die hoop dat die orige lede van die familie die plaas netso sal los, want die baie vee op die plaas kan dalk sorg dat kos volop is – vir solank daar vee is.

Die Vryburger het met ’n aantal landbouers, sowel as dorp en stadsbewoners gepraat wat deur die hel van die volksmoord gegaan het.

Die meeste van daardie slagoffers se familie is meer as ooit vasbeslote om nie bes te gee nie.

Die beeld wat die liberale media probeer vestig, dat familie van slagoffers die aanvallers vergewe vir hulle barbaarse en terroristiese optrede, is ’n valse voorstelling van die waarheid.

Daar bestaan wrewel, ’n besliste gevoel van onverdraagsaamheid en geen sprake van ’n vergewensgesindheid is te bespeur nie want ’n geliefde is op barbaarse wyse die lewe ontneem terwyl die moordenaar ’n klompie jare in ’n tronk-hotel deurbring as straf vir sy daad.

Verder is daar die weduwees wat gewoon nie kans sien om met die boerdery voort te gaan nie, en daardie impak het die gevolg dat mense geensins ’n gesindheid van vergewe kan openbaar nie.

Dit is die werklikheid – dit is hoe ’n normale mens reageer – beslis nie soos wat die liberaliste dit wil voorhou van, “aag, toemaar, ons vergeet alles en julle is vergewe wat die daad verrig het.”

As ’n sakeman vermoor word in Pretoria, en sy jong vrou sien nie kans om voort te gaan met die onderneming nie weens ’n gebrek aan kennis oor die bedryf, dan is die onreg nie net daarin dat sy van haar geliefde ontneem is saam met haar gesin nie, maar hulle toekoms word uiters negatief beproef.

Wanneer die buurman, hetsy dorp of plaas, aangeval of beroof of vermoor of verkrag is, bly die een vraag heeltyd daar – wanneer is dit my beurt, en sal ons dit oorleef?

Hierdie gevoel loop hand aan hand met die menige voorvalle waar polisie tydsaam en traag was om hulle werk te doen.

As ’n boer sy een plaas moet verkoop om hofkoste te betaal omdat sy bejaarde moeder vermoor is deur terroriste, dan skree dit tog ten hemele.

Dan is daar faktore in die volksmoord wat die vingers direk op die regering rig.

Die Wapenwet en die verkryging van wapenlisensies.

Die herroeping van die Kommandostelsel

Die herroeping van die doodstraf

Die toepassing van arbeidswette wat werkgewers noop om van minder arbeiders gebruik te maak, wat wraakaanvalle kan verhoog.

Arbeiders is kultureel anders ingestel as blanke volksgenote. Daar is geen waarborg dat vandag se goeie gesindheid wat mag heers, môre steeds so sal wees nie.