Oscar gaan glo sukkel

Dr. David Klatzow, ’n bekende forensiese wetenskaplike meen Oscar se  regsverteenwoordigers gaan sukkel om sekere aspekte van die gebeure te verduidelik rondom die moordsaak waarvoor hy eersdaags in die hof moet verskyn.

Van die belangrikste aspekte is waarskynlik die feit dat hy ’n kragtige 9mm Parabellum handwapen gebruik het.

Klatzow meen ook dat Oscar eers ’n waarskuwingskoot kon gevuur het, al was dit deur die plafon, maar hy kon sekerlik die “inbreker” op een of ander wyse gewaarsku het.

Hy meen ook Oscar gaan moeilik sy optrede geloofwaardig kan hou omdat hy vier skote afgevuur het.

Daar is ook die ander probleem, naamlik dat bure glo gehoor het iemand skree en die stryery gehoor het, gaan Oscar se saak bemoeilik.

Oscar het glo na die “gevaarsone” toe beweeg, terwyl di normale gebruik is om afstand te kry van die inbrekers. Ook dit kan sy saak bemoeilik.

Klatsow meen ook dat Oscar gaan sukkel om te verduidelik waarom hy nie vooraf vasgestel het waar sy maat is nie.

Hierop het ’n ervare persoon gereageer deur te sê dat dit moontlik kan wees dat Oscar op daardie stadium net oor die optrede teen ’n inbreker gefokus het, en nie noodwendig allerhande ander maatreëls oorweeg het nie, wel wetende dat hy ’n  liggaamlike agterstand het en vinnig moet optree.

Foto – Dr. David Klatzow