Oekraïne se president aangekla

Die sogenaamde tussentydse regering van die Oekraïne het Maandag ʼn dagvaardiging uitgereik vir die inhegtenisneming van president Wiktor Janoekowitsj. 

Hy word aangekla van misdade teen die protesteerders wat vir maande lank teen sy heerskappy opgestaan het. Na bewering het hy gevlug na die Russiese Swart See-gebied van Krimea, maar die grenspolisie het hom voorgekeer.

Dit bly ‘n ope vraag van hoe wettig die dagvaardiging is wat uitgereik is deur maskerdraende protesteerders wat almal deur die Europese Unie (EU) en VSA gefinansier is en wat nou die selfaangestelde regering vorm.

Soos in die geval in Libië, Egipte, Sirië was dit ook die VSA en EU wat op ‘n "regime" verandering aangedring het, en die oomblik toe Janoekowitsj hom tot Rusland gewend het, het die geweld losgebars.

Net so ook in die geval van Saddam Hoesein van Irak het die geweldenaars ook allerhande verskonings en sinnelose redes oor waarom hy dan nou verhoor moet word. Janoekowitsj was slim genoeg om vroeg genoeg pad te gee. 

Nadat Jakoekowitsj Vrydag ʼn ooreenkoms onderteken het om die dodelike konflik te beëindig, het hy uit Kiëf gevlug na die oostelike deel van die land. Hy het glo weer uit Donetsk probeer vlug, maar is gekeer. 

Daarna het hy sy sekerheidswagte laat gaan, sy foon afgeskakel en is vermoedelik nou in Krimea. 

Foto – Wiktor Janoekowitsj