Nuttelose bekgeveg

As die aanspraak van Helen Zille deur die ANC verwerp word oor wie nou eintlik die bedrog pleeg met syfers oor behuising vir anderskleuriges, dan word dit ’n bekgeveg wat tot geen korrekte antwoorde lei nie.

Dit is die mening van ’n politieke waarnemer nadat die ANC die Zille-party beskuldig het dat hulle knoei met syfers oor behuising.

Zille het gesê haar Departement het ’n oudit laat doen oor die ANC in dié provinsie se bewering dat hulle 16,000 huise gebou het per jaar terwyl die Zille-party slegs 10,000 gebou het in ’n jaar.

Zille sê daar is geen gronde vir so ’n bewering nie.

Khaya Magaxa, ANC-LPP, het daarop gereageer deur te sê dit is nie belangrik hoe Zille die gegewens verdraai nie, en hoe sy belastingbetalersgeld mors met oudits en  sprokiesverhale nie, want die feite toon dat die ANC ’n veel beter rekord het met huisbou as die rassistiese administrasie van Zille.

Magaxa het glo beweer dat die ANC tydens sy bewind in die Wes-Kaap sedert 2004 tot 2009, is 72,729 eenhede opgerig terwyl Zille slegs 59,764 kon bou

“Nie net vertel sy nie dat slegs 59,764 huise gebou is nie, sy wil ook nie aan mense erken dat die ANC 157,255 behuisings geleenthede gelewer het nie,” is gesê.

Zille het blykbaar terug gekap dat die ANC nie titelaktes aan inwoners besorg nie en derhalwe moet daar nou landwyd R60miljard vermors word om huise te herstel.

Politieke ontleders wys daarop dat die geveg een belangrike punt uitgewys het, naamlik dat miljarde Rand van belastinggeld spandeer word om vir anderskleuriges huise te bou, terwyl blankes wat in dieselfde omstandighede is, nie ’n enkele baksteen verniet kry nie.

Wie nou eintlik die grootste verkwisters is, is irrelevant, maar wat wel van belang is, is hoeveel verkwis word, is gesê.