Museum kry R11miljoen skade

In Miami is ’n man, Maximo Caminero (51), in hegtenis geneem deur die polisie nadat hy ’n kunswerk ter waarde van R11miljoen stukkend gegooi het omdat die instelling slegs buitelanders se kunswerke vertoon.

Die kunswerk, wat deur ’n uiters omstrede Chinese kunstenaar, Ai Wei Wei, gemaak is, was oorgeplaas na ’n nuwe kunsmuseum, bekend as die Perez-museum.

Die man sê hy sal ’n nuuskonferensie hou waartydens hy ’n behoorlike verduideliking sal gee vir sy optrede.

Caminero sê hy was van mening dat dit sommer ’n goedkoop nikswerd pot is wat in die museum staan gemaak is, want dit vertoon soos ’n gewone kleipot wat by ’n winkel gekoop kan word.

Die Museum het die hele petalje op video afgeneem.

Die nuwe museum beskik glo oor ’n hele aantal Ai-vase wat tot soveel as 2,000 jaar gelede gemaak is.