Meteoriet tref maan

Die eerste keer in menseheugenis het ’n wetenskaplike van Spanje daarin geslaag om ’n foto te neem toe ’n meteoriet, so groot soos ’n middelslag motor, die maan getref het.

Die gebeurtenis is ook die helderste, en die langste flits van die botsing met die maan s oppervlakte wat tot hede waargeneem kon word, en op ’n foto vasgevang is.

Die botsing se impak is glo gelykstaande aan die ontploffing van sowat 15 ton TNT.

’n Helder flits, wat sowat 8 tot 9 sekondes geduur het, was helder waarneembaar.

Die waarneming is gedoen deur prof. Jose Madido van Spanje, wat twee teleskope se hulp gehad het om die waarneming te doen.

Teen ’n spoed van meer as 60,000 km per uur het die meteoriet ’n krater in die maan gelaat van sowat 40 meter in deursnee.