Man voor sy seun geskiet

Mnr. Panesh Paparau (50) van Heuweloord in Verwoerdburg is verlede Saterdagaand voor die oë van sy 24-jarige seun doodgeskiet.

Paparau het probeer verhoed dat die terroriste sy huis binne gaan en hom beroof.

Sy seun, Ajay Paparau, het laataand nog met vriende op die erf gekuier toe die vier gewapende swartes oor die muur gespring en hulle beveel het om op die grond te lê.

Toe Panesh die veiligheidsdeur wou toesluit, het een hom summier in die bors geskiet waarna hulle die seun en sy vriende beveel het om saam met hulle in die huis te gaan.

Die skurke het rekenaars, selfone, baie kontant, klere en ’n iPad weggedra.

By die deur het twee omgedraai en nog juwele van sowat R80,000 gesteel waarna hulle gevlug het.

Panesh is etlike ure later in die hospitaal oorlede.

In ’n ander voorval is ’n jongman van 38 jaar in die Mido-kompleks, in Verwoerdburg doodgeskiet

Blykbaar is niks uit die huis gesteel nie.

In ’n derde voorval is ’n bejaarde egpaar, Sarel Venter en sy vrou Pattie van Verwoerdburg aangeval en erg beseer.

Mnr. Venter is met ’n skroewedraaier in die gesig beseer en sy vrou is met ’n stomp voorwerp oor die kop geslaan deur die twee skurke.

Juwele en geld is gesteel.