Man ontvlug sy kapers

Toe hy laataand met sy wit Mercedes-Benz stasiewa in die oprit van sy huis in Heldervue, Somerset-Wes was, het drie gewapende skurke en ’n swart vrou, onverwags te voorskyn gekom en hom beveel om agter in die voertuig te gaan sit.

Die swartes het daarna met hom in die rigting van Driftsands gery, maar toe begin daar ’n stryery onder die spul losbars.

Voor hulle kon se “mes”, het hy uit die stasiewa gespring en in die donker verdwyn.

Die rowers is met sy motor, ’n rekenaar en sy beursie weg, maar hy is tevrede dat hy nie soos menige ander gevalle, met sy lewe moes betaal vir die kapers se daad ni.

Die Mercedes se registrasienommer is CFM 55839