Man herstel van mensvreter byt.

Edwin Boucher (49), ‘n veiligheidswag van Bredasdorp se ken en neus is die naweek in twee operasies herstel nadat ’n inbreker sy tande in die man se ken en neus geslaan en ’n stuk van sy ken afgebyt het.

Boucher (49) is verlede week deur ’n onbekende man aangeval nadat die man by ’n koeriermaatskappy op die dorp probeer inbreek het.

Volgens Boucher, wat tans by die Vincent Palotti-hospitaal in ­Pinelands aansterk, het hy Vrydagaand kort voor middernag na die perseel van Blue Crane Couriers gegaan nadat ’n alarm daar afgegaan het. Die deur was oop, maar niemand was in sig nie. Nadat hy om die gebou geloop het, het hy ‘n man uit die gebou sien hardloop.

Hy het toegang tot die gebou verkry deur oor die muur te spring en hy en die vermeende aanvaller het mekaar gepak. Die dief het hom vasgepen en met sy knuppel geslaan maar die volgende oomblik het hy hom ook aan die neus en ken gebyt.

Boucher is ná die aanval na die Otto du Plessis-hospitaal in Bredasdorp geneem. Hy is Saterdagoggend na die Vincent Palotti-hospitaal in ­Pinelands oorgeplaas waar dokters sy neus geheg en sy ken van binne toegewerk het.

Boucher het gesê dokters meen die spiere binne sy mond is afgebyt.