Malema klap blanke

Na bewering het Julius Malema, die leier van die kommunistiese EFF, ’n klagte van aanranding teen hom gekry nadat hy glo ’n blanke motoris geklap het en sy voertuig beskadig het.

Die polisie het bevestig dat sodanige klag gelê is deur mnr. Bernard Redelinghuys van Pietersburg in Noord-Transvaal.

Redelinghuys het op die sosiale netwerk geskryf hoe hy met sy motor gery het toe Malema en twee ander met hulle voertuig voor hom ingeswaai het en sy voertuig byna gestamp het.

Hy sê hy het vir die swarte gewys hy moet sy oë oopmaak en by die verkeerslig het die drie saam uit hulle voertuig geklim en terwyl een hom rond gepluk het, het Malema gesê “we will f you up”.

Een van die drie het probeer om sy voertuig se sleutel uit te trek, en toe Redelinghuys wou keer, kry Malema sy papbroekige en lafhartige klaphou in, tree terug van hom, en jaag weg in hulle voertuig.

Die optrede van Malema herinner sterk aan die voorval toe die president van die Verkenners hom uitgedaag het, en hoe lank moes wag vir Malema om op te daag, wat nie gebeur het nie.

Malema is daarna deur die Verkenners as ’n papbroek bestempel.