Landbou minister onderpresteer

Die Departement van Landbou was nie in staat om die nodige entstof te voorsien om bek-en-klouseer in die land na behore te bestry toe dit vier jaar gelede ‘n verlies van R4-miljard aan uitvoere gekos het nie.

Onderstepoort was jare gelede wêreld beroemd vir die navorsing en voorsiening van entstowwe vir die veebedryf in Suid-Afrika en Afrika. Daar moes in 2005 selfs entstof uit Botswana ingevoer word omdat daar nie in Suid-Afrika die nodige ondersteuning van staatsweë ontvang was om dit te produseer nie.

Volgens die ANC-regime se minister van landbou, Tina Joemat-Petterson, het die staat sedertdien geld bewillig om die nodige toerusting aan te skaf maar sal die produksiefasiliteite vir die voorsiening van entstof eers teen 2015 gedoen kan word.

Foto: Tina Joemat-Petterson