Koue dryf vlermuise in huise

Inwoners van die Kanadese dorp, Windsor, in Ontario kry deesdae al hoe meer te doen met vlermuise in hulle woonhuise weens die abnormale koue weer. Mense word oor die algemeen eers van die vlieënde gaste bewus wanneer hulle binnehuis in ‘n vertrek rondvlieg en besef nie dat die vlermuise waarskynlik al langer daar inwoon nie.

Vlermuise is die enigste egte vlieënde soogdier en die koue dryf hulle na meer beskutte plekke. ‘n Woordevoerder van ‘n plaaslike pes kontrole maatskappy, Shane Pearson, sê dat hy al verskeie oproepe van inwoners ontvang het om die vlermuise uit hulle huise te verwyder.  Hy het huiseienaars aangeraai om nie die diertjies te vang en dan buite los te laat in die koue weer nie, want hulle sal slegs vir enkele minute oorleef.

Die vlermuise wat gevang word, word na ’n naby geleë diere skuilplek, die Wings Rehabilitation Centre, geneem. Daar kom tot drie nuwe skuilingsoekers elke dag aan en hulle sal in die lente vrygelaat word.