Julius gáán parlement toe!

Ondersteuners van die radikale EFF van Julius Malema sê hulle sal die geldjies bymekaar maak om te verseker dat hulle leier nie finaal bankrot verklaar word nie, en wel in die parlement se sagte stoele te lande sal kom.

Die EFF het dit in geen onduidelike taal laat verstaan dat daar geen manier is hoe hulle leier uit die parlement gehou gaan word nie, en hy sal “beslis as lid van die parlement ingesweer word”, het sy woordvoerders gesê.

Die EFF woordvoerder se dit is opvallend hoe die Inkomstediens die aangeleentheid manipuleer, want eintlik “is die Leier net sowat R4 miljoen” verskuldig en nie R16 miljoen nie. Die res is volgens die woordvoerder, opgelope rente en boete.

Die EFF beplan glo om ’n onafhanklike Raad van Trustees te vestig om die geld in te samel sodat die amptelike sekwestrasie vermy kan word.

Grapjasse op die sosiale netwerk het ’n aantal opmerkings gemaak wat soms die wenkbroue laat lig, en ander dwing jou tot ’n glimlag.

Hier is slegs twee daarvan:

Oom Pik, hoe lyk dit met ’n geldjie, siende dat Malema jou held is.

Die meeste EFF aanhangers is werkloos, so hier kom ’n grootskaalse rooftog.