Jong dogter verloor haar stryd

Sy was nie net ’n ster in die lewe van haar familie nie, sy was ook ’n dapper vegtertjie en ’n lieflike vriendin vir haar skoolmaats by die Hoër Meisieskool Eunice in Bloemfontein waar daar met hartseer van haar afskeid geneem is.

Leandra Grobler is Vrydag ná ’n lang stryd oorlede weens die gewas op haar brein wat eers in 2010 ontdek is.

Haar ma, Charlotte het vertel dat Leandra tot die einde vasgebyt en gestry het, sonder om ooit te kla of te murmureer.

Die meisieskool het verlede Vrydag gedurende die Vrystaatse swemkampioenskap byeenkoms die instap as huldeblyk aan Leandra opgedra want die skool treur oor die verlies van ’n merkwaardige jong meisie wat nooit gekla het nie.

Altesaam vyf busse vol leerlinge van Eunice was by die kerkdiens.

Benewens haar ouers en sussie asook twee oupas word sy ook oorleef deur twee oumas.