In ligter luim

Wanneer omstandighede bars gaan, moet ons soms ‘n oomblik stilstaan en net ook humor in die sake sien, of anders maar die humor vir onsself voorstel.
Miskien is daar, wanneer ek van die nuusberigte lees, ‘n storielyn:
Ons ken mos die klub waarvan Bob, Sam en nou JZ lid is: hulle is ‘n getroue klub wat uitkyk vir algaar.
Juju wil nou opslag sagte kussings toe, maar daar is nie spasie nie.
Nou wonder ek of die plan met die helikopters nie uitwerk soos dit bedink is nie.
As die EFF nou maak dat no 1 se toekoms in die no 2 val, gaan hy dalk beter losies as anderkant die Drakensberge soek.
Miskien is die helikopters nou so: 1 vir Bob, 10 vir die aftree-bootjie by Kariba, en 1 spaar vir pendel tussen Kariba en Nkandla.
Wie weet: vreemder dinge het al gebeur.

Groete
Jof