Hoër rentekoerse is dwaasheid

Die hoof-ekonoom van Investec, Prof. Brian Kantor, het gesê dat die verhoging van rentekoerse deur die SARB om die rand te versterk en inflasie te bekamp sinneloos is. Hy het hierdie siening gebesig tydens sy toespraak by die Gordon Institute of Business Science se konferensie op 13 Februarie 2014.

Prof. Kantor het gesê dat rentekoers verhogings nie geld uit die buiteland sal lok nie, want daar is meer as dit nodig om die land aantreklik te maak. Geld sal slegs inkom indien daar gesonde ekonomiese groei is. Om ekonomiese groei te bevorder mag rentekoerse nie verhoog word nie, maar moet die onwerkbare arbeidsmark opgelos word.

Kantor het daarop gewys dat rentekoersverhogings ook nie die rand sal versterk nie want die internasionale kragte wat dit bepaal sal hulle nie daaraan steur nie. Om die rand te versterk moet uitvoere verhoog word en daarvoor is ekonomiese groei en gesonde arbeidsomstandighede nodig.