Harvard Universiteit kry miljoene Rand

Kenneth Griffin het as student by die Harvard Universiteit in Massachusetts sy loopbaan afgeskop deur vanuit die koshuis waar hy woonagtig was, beleggingsadvies gegee het. Na hy af studeer het in 1990 het hy sy Citadel Batebestuur maatskappy gestig.

Na net meer as 20 jaar kon hy ’n skenking maak aan die Universiteit van R1,7 miljard om te verseker dat die volgende geslag leiers op ekonomiese gebied, wel finansieel gehelp sal word as hulle aan dié universiteit studeer.

Griffin sê sy skenking is sy beste belegging, want dit is ’n belegging in die toekoms, en in die volgende generasie wat sy kwota leiers moet lewer.

Foto – Griffin