Hapie is oorlede

Mnr. Hapie van Straaten van Brandfort, wat ure in pyn verkeer omdat die nooddienste nie opgedaag het nie, is in die Nasionale hospitaal in Bloemfontein oorlede.

Hapie het sy heup gebreek terwyl hulle besig was om bome te snoei op die sypaadjie voor sy woning.

Hy is met die hulp van mev. Van Zyl, in haar lykswa na Bloemfontein geneem omdat die nooddienste nie opgedaag het nie.

Te midde van die behandeling wat hy na die operasie ontvang het, het sy toestand verswak, en is later terug geplaas na die hoësorgeenheid.

Blykbaar was bloedklonte in sy longe die hoofoorsaak dat hy nie behoorlik suurstof kon opneem nie, wat die hart en ander organe aangetas het.

Dokters het glo hulle uiterste bes gedoen, maar kon Hapie nie red nie.

Hy word oorleef deur twee kinders, ’n seun en dogter en sewe kleinkinders.