Geen waterpokkies entstof in SA

Suid-Afrika sit sonder waterpokkies-entstof.

‘n Produksietekort by die internasionale vervaardiger van waterpokkies-entstof maak dat Suid-Afrika geen voorraad het nie.

Varilrix en Prioix Tetra, wat as enstowwe vir kinders en volwassenes gebruik word, word deur die Britse farmaseutiese maatskappy GlaxoSmithKline (GSK) in België vervaardig. In Suid-Afrika word die entstowwe verskaf en versprei deur Aspen Pharmacare, waarvan GSK ’n aandeelhouer is.

Mandy Keegan, hoof van inentings by Aspen Pharmacare, het gesê dat daar ‘n wêreldtekort is. Kekotso Mashilo, kliniese suster by Dis-Chem in die Benmore Gardens-winkelsentrum in Sandton, het gesê hulle het vanjaar net tien eenhede entstof van Aspen Pharmacare gekry en verlede jaar 20.

’n Woordvoerder van die Nasionale Gesondheidsdepartement, het gesê waterpokkies is nie deel van die departement se uitgebreide inentingsprogram nie aangesien die siekte se risikofaktor laag is.