Eskom dreig met beurtkrag

Dit blyk asof Eskom in die komende winter ernstige tekorte aan elektriese krag voorsiening gaan hê en dat daar nou reeds op verbruikers ’n beroep gedoen word om krag uiters spaarsaam te gebruik.

Eskom het vir etlike jare glo geen opgradering gedoen nie, tot beurtkrag die land ekonomies geruïneer het.

Daarna is vinnig planne gemaak, maar ’n woordvoerder van Oranje Sake Instituut wys daarop dat alhoewel die planne vinnig gemaak is, gaan die uitvoer daarvan nie vinnig genoeg wees nie.

Nou word daar van kragverbruikers verwag om spaarsaam met krag te werk, en selfs alternatiewe maniere moet vind om verhitting te doen gedurende die komende winter, aangesien Eskom nie oor voldoende energie sal beskik om in al die behoeftes te voorsien nie.

Eskom beweer dat die noodsituasie wat verlede week ontstaan het, toegeskryf word aan ’n onderbreking met kragtoevoer van 1,500MW wat van die Cahora Bassa hidroëlektriese skema vanuit Mosambiek gelewer word.

Daarbenewens het vyf opwekkers by verskillende steenkool kragstasies onklaar geraak.

Intussen het Die Vryburger verneem dat Eskom steeds krag voorsien aan Swaziland, Botswana en Namibië.