Ek sien dit so!

Dit is met groot opgewondenheid waarmee Neelsie die dae aftel na die jaarlikse Majubafees.

Ek hoop van harte dat volksgenote van regoor die land sal opruk na hierdie kleurryke gebeurtenis. Dit bly ‘n Fees op ons volkskalender wat nie gemis mag word deur opregte stryders nie. Met dit gesê, verstaan Neelsie darem dat daar talle geldige verskonings is vir nie-bywoning, dus krap ek nie nou aan daardie opregte volksgenote nie.

Hoewel Neelsie graag sy hele rubriek aan Majuba sou wou wy, moet ander sake ook aandag geniet.

Wil elke volksgenoot wat vryheid nastreef, nie tog maar herbesin oor deelname aan hierdie bose OVK – verkiesing nie? Ons heil kan nooit lê binne ‘n bestel waar jou stem teen twintig ander in dieselfde weegskaal gegooi word nie.

Of mense dit nou wil hoor of nie, om te stem vir welke opposisieparty ookal, beteken net mooi niks. As mense net bietjie hulle huiswerk wil doen oor die party vir wie hulle wil stem, sal hulle self sien dat geen politieke party binne hierdie bestel iets vir hulle kan doen nie.

As twintig jaar en vier verkiesings mense nog niks geleer het van hoe demokrasie werk nie, sal nog twintig jaar en vier verkiesings hulle seker steeds niks wyser maak nie. Stemmers stem mos om ‘n verskil te maak. Tog maak hulle stemme net mooi geen verskil nie. Inteendeel, na elke verkiesing is ons volk net verder verknog in hierdie bose stelsel.

Elke volksgenoot se stem in hierdie verkiesings, is ‘n duidelike stem, en goedkeuring van aborsie, volksmoord en gelyke gelowe. Raak maar kwaad vir my! Wanneer julle egter afgekoel het, gaan sit rustig en dink mooi waaroor hierdie sogenaamde demokrasie gaan. Dit is ‘n vertrapping van ons geloof, waardes, taal, kultuur, geskiedenis, vroue, kinders en alles wat gepaardgaan met die feit dat jy ‘n ligter vel as ‘n trop barbare het.

As al hierdie dinge vir jou onbelangrik is, gaan stem gerus, maar moet net nie na afloop van jou fout die vermetelheid hê om my en ander wegblyers te blameer vir die gemors wat volg nie. Ek neem nie deel aan hierdie verkiesings nie, dus het ek nog nooit my goedkeuring gegee aan hierdie vertrappers van alles wat eie aan ons volk is nie.

Vir diegene wat nugter dink oor die pad vorentoe. Gaan registreer as kieser op die VVK se kieserslys. Hierdie buite – parlementêre opsie is die beste opsie wat tans op die tafel is. Besoek www.vvk.co.za en vind uit hoe jy kan registreer.

Onthou Majuba, onthou die dapper Rebelle van 1914, staan op en word getel in 2014! Rebelleer teen die bose!

Boeregroete,

Kordaat Neelsie