Die een se dood.

Die Vrystaat en Noord-Kaap gaan elkeen miljoene Rand ontvang van die Nasionale Tesourie wat aanvanklik vir Noord-Transvaal geoormerk was.

Meer as R1 miljard is ter sprake wat in die twee provinsies aangewend moet word om die hopelose toestand van paaie te probeer verlig, maar ’n gedeelte sal ook vir anderskleuriges se behuising aangewend word, en ’n geringe bedrag sal toegeken word vir biblioteke in die provinsies.

Die Vrystaat kry glo R680 miljoen en Noord-Kaap R395 miljoen.

’n Staatskoerant het bekend gemaak dat Noord-Transvaal afstand moet doen van R1,3miljard wat aan ander provinsies toegeken word.

Dit is bekend dat die Vrystaat berug geword het vir sy swak paaie, en kenners meen die toekenning kan ’n paar slaggate toemaak, maar baie miljarde Rand is nodig om die paaie op ’n aanvaarbare standaard te kry.

Die toekenning is veroorsaak deur Noord-Transvaal wat die bedrag nie gedurende die boekjaar gebruik het nie.

Ander provinsies kry ook klein bedrae van die geld wat nie deur Noord-Transvaal aangewend is nie.

Wes-Transvaal kry R117miljoen, Natal R57miljoen, die Wes-Kaap kry R33miljoen en Sentraal Transvaal R3miljoen.