Cullinan ook in oproer

Die swart woonbuurt buite Cullinan was gister ’n toonbeeld van die chaos wat oproerige swartes kan veroorsaak wanneer hulle ontevrede is oor enige gebeure.

Hierdie keer is dit Pakistanse immigrante se winkels wat deurgeloop het toe oproeriges, waarvan hordes skoolgaande kinders is, die uitlanders se winkels begin plunder en hulle voertuie aan die brand gesteek is.

Die terrein was besaai met klippe en ander voorwerpe soos wat hulle die uitlanders, en hulle eiendom, onder die klippe gesteek het.

Kapt. Marissa van der Merwe, van die polisie sê inwoners was ontevrede omdat ’n  Pakistanse winkeleienaar ’n tienjarige swarte met ’n gholfstok aangerand het omdat dié lekkers uit sy winkel gesteel het.

Die swartetjie is glo later in ’n Mamelodi hospitaal dood.

Die sowat 200 oproermakers het ’n groot vullis vraghouer gebruik om die pad te versper en plek-plek is groot klippe gepak

Betogers het glo die Pakistani’s se meubels uit hulle huise gedra en aan die brand gesteek.

Op ’n stadium moes die polisie ook onder die klippe-reën deurloop.

Die oproeriges het op die media toegesak en joernaliste van ondermeer The Citizen en The New Age het noodgedwonge op die vlug geslaan toe die klippe op hulle reën.