Clive Derby-Lewis aangeval?

Volgens onbevestigde berigte is menere Clive Derby-Lewis en mede gevangene Janusz Walus vanoggend deur twee gevangenes met messe aangeval. Die erns van die voorval is nog nie bekend nie.

Meneer Derby-Lewis se regsverteenwoordiger is tans besig om ondersoek in te stel en meer inligting sal verskaf word sodra dit verkry is.

Clive Derby-Lewis is al reeds vir ongeveer twintig jaar in die gevangenis weens ‘n aanklag op die eliminering van die leier van die S.A. Kommunistiese party, Chris Hani. Verskeie swartes wat lewenslange tronkstraf ontvang het is al begenadig met vrylating.

Clive Derby-Lewis word egter ten spyte van swak gesondheid steeds in die gevangenis gehou.