Bokshandskoene opgeveil

Die handskoene waarmee Mohammed Ali ’n halfeeu gelede sy eerste wêreldtitel verower het, is in die VSA opgeveil vir sowat R9 miljoen.

Die onbekende koper het verlede Saterdag die handskoene gekoop waarmee Ali vir Sonny Liston in die sewende ronde plat geslaan het.

Ali het toe nog onder sy regte naam, Cassius Clay geboks, maar die dag na sy oorwinning aangekondig dat hy die Moslem geloof aangeneem het en sy naam verander na Mohammed Ali.

’n Diagnose het later getoon dat hy aan Parkinson’s ly, wat blykbaar redelik algemeen voorkom by swaargewig boksers wat baie gevegte in die kryt deurgebring het.