Boere help hulleself

Die regering se weiering om boere in drooggeteisterde gebiede te ondersteun, het mede landbouers verplig om self in te spring en hulle hulp aan te bied sodat produktiewe boere op hulle plase kan voortgaan.

’n Groot aantal boere uit die Swartland gebied in die Wes-Kaap het 700 ton veevoer bymekaar gemaak om die boere van die Noord-Kaap te help.

Nadat onderhandelings met Transnet gevoer is, wat bereid is om die veevoer gratis te neem na die Noord-Kaap, het boere begin om die tonne voer af te laai by Rus-stasie naby Malmesbury.

Talle boere het hulle bereid verklaar om te help, maar het nie kans gesien om vir die vervoer na die Noord-Kaap te betaal nie. Dit het tot gevolg gehad dat onderhandelings met Transnet gevoer is om hulp te verleen.

Na verneem word, is daar nog boere wat voer wil skenk wat na ander gebiede soos Wes-Transvaal geneem sal word.