Die jare lange stryd om jakkalse weg te hou wanneer die merinoskape lam, het menige boer hoofbrekens besorg, tot een man die antwoord daarop gevind het.
Mnr. Johan van Vuuren van Bosrivier in die Oos-Kaapse dorp
Hy het kat-ogies, wat soos “diskoligte” flikker, nie op strategiese plekke aangebring nie, maar wel op die skape se koppe gemonteer en daarmee sy skade drasties verminder.
Hy het al baie pogings aangewend om sy diere te beskerm teen die jakkalse. Honde, ’n deurlopende gejag op jakkalse, elektriese heinings, of selfs klokkies, dit alles kon nie die probleem oplos nie.
Hy sê hy het geleer die jakkalse kom gou agter dat ’n vreemde ding wat op een plek bly, geen gevaar inhou nie. Dit is toe dat hy besluit het om die kat-ogies aan die skape se koppe vas te maak.
Skape slaap nie elke op dieselfde plek nie, en hulle roer gedurig, en dit is anders as wat die jakkals verwag.
Hy het ’n stuk of 40 van die kat-ogies met ’n gesukkel gekoop gekry toe ’n vriend hom vertel het wie die invoerders van die kat-ogies is wat gewoonlik op teerpaaie gebruik word.
Die katogies wat deur sonkrag gelaai word, en met ses LED-lampies werk, word met ’n plastiek kabeltoutjie aan die skaap se kop vasgemaak.
Die flitsende liggies, wat dan ook beweeg soos wat die skaap sy kop draai,
Die liggies word redelik vinnig deur die dag gelaai, selfs al is dit bewolk.
Johan boer met meer as 1200 merino ooie, en hy meen die 40 kat-ogies is voldoende om sy kudde teen jakkalse te beskerm.
Hy is nie seker of die rooikatte ook deur die liggies afgeskrik word nie, maar sy verlies is nou baie min.
Wat ‘n briljante plan.
Ek sou sê Skitterend !
“Give that man a Bells…..!”
Wonderlike plan. “Great man” love you for that!
Vriende, die boere in Australie plaas ‘n Alpaca of twee saam met hul skape en dan los die rooi jakkalse (Europene fox) die skape uit. Dink seker die skaap is te groot of gevaarlik.
Klink na ‘n oplossing – waar kan hierdie liggies bekom word – kontakbesonderhede asb.