Betogers ontwrig Kaapstad

Betogings het losgebars in die Kaapse metrogebied en strate sowel as verkeer is ontwrig deur sowat 700 ontevredenes wat eise stel oor grond en huise.

Die betogers is glo uit die Strand en Phillipi gebiede afkomstig en beweeg onder die vaandel van die sogenaamde Ses’khona People Rights Movement.

Die betogers het opgemars na die treinstasie waar polisiebeamptes hulle uitmekaar gejaag het deur drie skokgranate af te vuur.

Dit het die oproeriges laat beweeg na premier Zille wat hul eise moes aanhoor dat hulle grond opeis sodat huise daarop gebou kan word.

Van die betogers het plakkate rondgeswaai wat sê hulle soek huise en toilette, nie omkoop kospakkies nie.