België aanvaar genadedood

In ’n bitsige en vurige debat het die Belgiese parlement met ’n meerderheid van stemme besluit om die eerste land te word wat genadedood vir terminaal siek kinders van enige ouderdom toe te laat.

Selfs die teenkanting van Kerke in die land, kon die proses nie keer nie.

Van die mees invloedryke Kerke het in hul betoog aangevoer dat so ’n besluit net ’n “tree te vêr is”.

Die besluit is met ’n meerderheid van 86 stemme teen 44 aanvaar.

België se regeerders is van mening dat die toepassing van die Wet van belang is, en is daar glo “streng voorskrifte opgestel”.

Nederland se reël is dat genadedood slegs vir kinders ouer as 12 toegelaat word, wat by hulle bewussyn is en self vra vir genadedood, maar in België geld dit vir kinders van enige ouderdom.

In Nederland het daar in die afgelope tien jaar vyf aansoeke om genadedood van jong kinders gedien.

Foto – Belgiese vlag