Belediging kos man tronkstraf

In Beiroet is ’n Libanees twee maande tronk toe gestuur nadat hy die stoute skoene aangetrek het om die president van Libanon, Michel Sleiman op die sosiale netwerk van Twitter te beledig.

Die Libanees, Jean Assy, wat ’n webblad ontwikkelaar van beroep is, en sowat 6500 Twitter ondersteuners het, is blykbaar die eerste landsburger wat oor die aangeleentheid aangekla en skuldig bevind is in die hof.

Talle ander soortgelyke beledigings is al deur landsburgers tot die president van die land se adres gerig, en aangekla, maar nooit vervolg nie.

Assy het ’n growwe uitlating gemaak oor die president wat tot optrede teen hom gelei het, maar hy het besluit om teen die skuldigbevinding te appelleer.

Hy is nog nie in hegtenis geneem nie en daar is ’n vermoede dat hy nie verder vervolg sal word nie.

Foto – Michel Sleiman