Bejaarde verwilder skelm

Tant Ansie van Wyk (89) van Hermanus het haar deel gedoen om ’n vermeende kwaaddoener die skrik op die lyf te jaag toe hy gemik het om sy misdaad te pleeg.

Tannie Ansie was net oppad om haar voëltjies in die agterplaas te gaan kosgee toe sy die vreemdeling in die erf gewaar.

“Hy het hom asvaal geskrik toe hy my sien want hy het nie verwag dat daar iemand op die erf is nie”, sê tant Ansie.

“Die jong kwaaddoener het vinnig padgegee en ek het hom agterna geloop en dop gehou wat hy wil doen, en dit het hom senuweeagtig gemaak,” vertel sy.

Sy het toe die polisie gebel, wat hom kort daarna in hegtenis geneem het.

Die polisiebeamptes het haar bedank vir haar optrede en vermaan om versigtig te wees vir rondlopers in die gebied.