Bejaarde SS-wagte gevang

Drie bejaarde mans, onderskeidelik 94, 92 en 88 jaar is in hegtenis geneem in Duitsland nadat die vermoede ontstaan het dat hulle voormalige SS-wagte was by die Auschwitz-konsentrasiekamp.

Dit het gevolg toe ’n klopjag uitgevoer is deur die polisie op ’n aantal woonhuise in die Baden-Wurttemberg gebied.

Die drie bejaardes word nou verdink dat hulle mede verantwoordelik was vir die sogenaamde “moorde in Pole van meer as een miljoen mense”.

Al drie moes medies ondersoek word om vas te stel of hulle gesondheid sodanig is dat hulle in ’n tronk-hospitaal aangehou kan word.

Verskeie huise is deursoek, en dokumente met rekords uit die Nazi-tydperk is glo by die mans gevind.

Gedurende die tydperk na die Tweede Wêreldoorlog, vir die daaropvolgende 60 jaar, het Duitse howe die sogenaamde Nazi-oorlogsmisdadigers slegs vervolg wanneer daar konkrete bewyse was dat hulle self moorde gepleeg het.

Vanaf 2011 het howe medepligtigheid ook in ag geneem.

Die Duitse afdeling wat Nazi-oorlogsmisdade ondersoek, het glo inligting oor sowat dertig voormalige Auschwitz-personeel bekom wat nou na staatsaanklaers gestuur is met ’n aanbeveling dat hulle vervolg moet word.